Op Swart En Wit…
My liefde wil ek vanaand bely,
met woorde uit my eie hart.
Op swart en wit,
al is jy nie nou hier,
sal ek steeds vir jou bid,
bly jy vir my steeds die grootste plesier.
Om jou gelukkig te sien,
voltooi die tevredenheid hier binne my.
Al weet ek dat jy soveel meer verdien,
want elke keer as jy aan my raak,
maak dit alles binne my vry.
Op swart en wit wil ek net sê,
dat ek jou vanaand ongelooflik baie mis.
En al is dit nie al wat ek wil hê,
bly ek steeds van jou ongelooflike en
jou onvoorwaardelike liefde bewus.
En al kan al die woorde wat ek skryf,
glad nie bewys hoe lief ek jou het nie.
Kan jy op my liefde en eerlikheid vertrou,
want dit is my liefde die.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
uit die hart en siel vasgepen, pragtig Timmie