Jongste aktiwiteit:

Om te droom is ‘n gawe…

Wat sou ons doen,
sonder die gawe om te droom?
Goedjies wat ons met mekaar kan deel,
my hart so jou hart omsoom.
Selfs al by dit net drome,
is dit tog so mooi,
mooier as Pretoria se Jakaranda bome,
in herfstyd in pienk getooi.

Wat sou ons doen,
sonder die voorreg om drome met mekaar te deel?
Wêreldwyd word daar selfs mense so versoen,
anders raak dit vir die hart te veel.
Sou ons ook ons drome saam daai spesiale persoon waar maak,
daai persoon, wat daai spesiale plekke in jou hart aanraak.

Vader het ons die gawe gegee om te droom,
en van ons baie groot geskenke van bo.
Hy het ons ook die Krag gegee om dit te volmaak,
ons moet net nooit ophou glo,
dit is ook hoe Vader ons harte aanraak.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed