nalaat
Nalaat
soms wil ek net sit
en wonder oor die loop
in die paaie van my leef
en my poog om iets na te laat
binne die stap van my eie weet,
van wie en wat ek eintlik is
my poog om die einde te erken
te weet van die waarde van als
in elke tree van ‘n kind se trap
en die rol van my speen
in die laatgaan van die vrug
uit my wingerd se druif
word die wêreld een vreemde plek
van woorde gespeel maar ander bedoel
die gees in sy baan
rondom my eie maan
waar ek so graag net iets wil nalaat
staan ek soms
asof hoogwater my sand bedek
en ek myself nie kan sien
elke krummel se kaf
nie van die koring kan skei
en as een traan
oor die kant van my wang
sy roete vind
koersend deur die skeur
in die gang van my hart…
wil ek iets nalaat
@Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.