nektar vir my siel
dagbreek oor see klink op soos kleure ontplof
meeue se skor geskreeu sny lug skerp
son doen sy bes om golwe te verhit
sononder het trane op sy wang
wat afdrup van lae vlieswolke
hoekom! klink kiewiet op
weg is jy! weg is jy!
praat hy my vry
skrop dan nes
op gruispad
asof kleintjies
net daar moet lê
so drink my siel
rykste nektar
van skeppingsvreugde
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.