Tolbos van genade
Tussen skemerwit wolke
bêre ek gebede vir jou
sodat die asem van God
sag oor jou kan dans
In die grys van jou hare
lê ‘n leeftyd se jare
in die na-lig van my gedates
warrel beelde van gisters wat was
‘n Moeder se liefde
‘n hart vol hemelse diamante
sy’s ‘n voel mens
‘n lied in my hart se wens
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek