Jongste aktiwiteit:

Nostalgie in ‘n geurige onthou’tjie

Soms spook spoor my gedagtes bloots deur die dag
wanneer goeie onthou’tjies my tot stilstand pootjie
en nostalgies in klein dingetjies vir my wag…
van geurige moer koffie tot ‘n vars gebakte broodjie.
Met ‘n brein oor werk en na rustigheid roep,
soek my hart my ou vlak tussen bossie en sand
koester my oë oor die gemak van die ou stoep
van die plaas huis vergete en wit gekalk teen die rand.
Met die windpomp wat verlate beur in die wind…
‘n skaap in die verte, spikkel wit teen die groot niks – vergeet
waar ek ry op ‘n geroeste plaas hek soos ‘n kind
verlustig ek my in die siele saligheid kompleet.
Totdat ‘n toeter my ny na helle laat neerdaal
en my rustigheid my vaal en in die verkeer verdwaal.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed