Nuwe hoop
Nuwe hoop
ń nuwe jaar, bring ń splinternuwe droom;
kraaknuut hang wense,
aan die oujaar se soom.
Gekneus deur die hande van gister se spyt,
sleep hoop sy voete na môre
in vonkelnuut-tyd.
©️Drienie Joubert Kelly
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2023 projek NUUT