ONSEKER
In ‘n fetus posisie
selfbejamnering in ‘n vraagteken vergruis
wys my die kanker wat my bedreig
die parasiet wat op my ingewande teer
sy honger word nooit gestil
sy dors nes ‘n tsunami wat verwoesting agter los
my gebede slaan vas teen die plafon
dan baklei ek Here hoekom
hoekom dan..
dis die stilte is dit ‘n antwoord
is dit my daaglikse brood
@Loret
3 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Wow treffend