
BEKORING VAN JANUARIE
Dis 2024 nuwe Jaar is verby alhoewel ek so katvoet die eerste oor my twee-en-vyftigste verjaarsdag gebokspring het. Ek het reeds in die vorige Jaar begin asem ophou oor die gebeurlikheid. Tog toe die tweede aanbreek het ek meer gemaklik oor die Jaar begin voel en die angstigheid het plek gemaak vir realiteit.
Jy wat hier lees sal seker wonder nou hoekom , dit is dan nuwe Jaar ?.
Kom ek beantwoord jou vraag.
Ek was agt-en-veertig toe ek my “papillary thyroid carcinoma” gediagnoseer is. Van toe af wou ek nie meer verjaar nie. Elke dag of Jaar wat bygevoeg word voel na kastyding, maar eintlik is dit net genade. Ek het Augustus ‘n “multi fashion” operasie in my rug gehad. Jou beweeglikheid is nou beperk en jou liefdevolle self het verander na ‘n ongeduldige juffrou Rottenmeier wat uit frustrasie met jouself baklei en raas.
Tog het Januarie sy eie bekoring tussen die terug skool toe en jou ou lessenaar wat staan en wag vir die nuwe Jaar se werk.
My blomme wat gekeurde gesiggies wys na die hittegolf. Die swart wolke wat saampak om die rooistof van die vrystaat af te was. My opgewondenheid dat my manlief huistoe moet kom,die blinders wat wegkruipertjie speel in my maag tot ek hom sien.
Die gevoel van ek is by die huis as ek met my kop teen sy bors lê en elke hartklop die onsekerhede van die lewe mistrap.
Dankbaarheid kom lê langs Januarie in my hart.
Met elke asemteug kan ek nog ‘n verskil maak met woorde in ink op papier.
Ek glo nie aan nuwejaars voornemens nie. Ek het een realiteit besef. Jy het net een lewe. Vat jou verf kwas en verf jou eie lewe moenie die kwas vir iemand anders gee of dat ander namens jou besluit nie. Maak jou keuses versigtig en vat die kanse wat oor jou pad kom. Ons is te bang om die kans te vat net om daarna spyt te wees as jy dit nie gedoen het nie. Dis nie die Jaar wat sleg of goed Gaan wees nie dit is wat jy daarvan maak. Dis jou keuses wat jou Jaar goed of sleg benadeel en dis die gevolge daarvan en die verantwoordelikheid wat jy daarna moet aanvaar. Die lewe het net een glue reël. As iets gebeur en jy leer nie die les nie gaan die lewe dit herhaal tot jy geleer het.
Leer uit jou foute en maak Januarie die maand sonder enige voornemens en leef voluit !.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek