Jongste aktiwiteit:

Oom Frank en die Troon

My oorlede ma het gelede ‘n boesem vriendin gehad met die naam van Tannie Cornelissen. Ek kan om die dood nie haar naam onthou nie, maar ons het maar altyd vir haar Tannie Cornelissen genoem. Haar wederhelf was Oom Frank. Oom Frank was ‘n blok van ‘n man en het maar altyd bietjie knorrig voorgekom.

Oom Frank-hulle het ‘n paar kilometer buite die dorp gebly. Soos dit nou maar gaan met mense wat al jare bymekaar is, was Oom Frank nie te yewerig om werkies in en om die huis te doen nie. Tannie Cornelissen het verskeie kere al vir hom gevra om asseblief die toiletpot te vervang wat lek. In die ouer huise het die toilette aan die einde van die gang gesit. Die deur was maar altyd toegemaak sodat jy nie in die toilet vaskyk as jy in die gang afstap nie. Teen hierdie tyd was Tannie Cornelissen al desperaat om die toilet reggemaak te kry.

Oom Frank het soos ouder gewoonte op ‘n Saterdagoggend dorp toe gery en die tannie het haar kans waargeneem, deur stoor toe te stap, ‘n voorhamer te kry en die toiletpot met die voorhamer stukkend te slaan. Sy het terwyl Oom Frank in die dorp was vir ou Piet gekry om die stukkende toiletpot om die huis te sleep en die toiletdeur toe tegemaak.

Oom Frank se gewoonte was maar om by die huis aan te kom en dan op die Troon te gaan sit en sy koerant te lees. Hy kom daardie gewraakte Saterdagoggend weer by die huis aan en ywerig stap hy in gang af om sy koerant op die Troon te gaan lees. Groot was sy verbasing toe hy net in ‘n toiletbak teen die muur vaskyk sonder die pot daaronder.

Hy storm die kombuis binne vra die tannie waar de hel die toiletpot is? Sy kyk op na die horlosie bokant die stoof en se ewe kalm vir hom: “Frank, jy sal maar moet ry dorp toe, want die Kooperasie sluit Saterdae om 12h00 as jy ‘n nuwe toiletpot wil gaan koop!”




Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed