Pappa is die ligtoring
Pappa is die ligtoring wat vir my die weg wys
wat lei na ons Hemelse Vader se huis.
Daar is soms baie klippe wat lê in my pad
maar pappa is bereid om elke tree saam met my te stap.
Daar is soms baie keer
struikelblokke van pyn en hartseer
en golwe van donker storms wat teen my lewe slaan
maar pappa is altyd daar om my by te staan.
Baie dankie vir al pappa se liefde en omgee
en dat pappa my in alles wat ek doen ondersteun.
Ek is so oneindig baie lief vir pa
ek bid dat God u elke dag veilig sal hou en u in Sy arms sal dra …
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.