
pappa se hand (Brons)
gespe my vas
in kepe van wysheid
sekuur geanker in die greep
van jou ervare palm van leiding
eeltgroewe van ervaring
geen gety van beswaar
maak my moedig;
maak my fluks
grof met arbeid in voorsoening
bereid om my jongboom te buig
my held
my pa
met die uitgly van jou hand
kerf leiding en wysheid
die sneewerk van voorbeeld
om ander in my hand te anker
© Francois Meyer Mei 2022
(pa Corrie en pa Kallie)
foto – Google
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig, maar jy het reeds 2 inskrywings vir die projek (die maksimum per projek per maand)