Jongste aktiwiteit:

Pappie verjaardag

In die voetspore van my God
lê my liefde vasgegrond
in die onthou van pappie
ons aan God gewei met liefde

op die treinspore het pappie
sy ure vasgelê om vir sy gesin
die beste na vore te bring
in treine alom die ander dag

die mooiste onthou in ‘n treinrit
met ‘n vakansie een jaar na die see
ons eerste vakansie by die see
gevul met liefde en baie omgee

ons grootste geskenk die liefde
van God met die wete Hy ons Koning
pappie se gebede in boekies geskryf
aan sy kinders en vrou gewei

om te weet liefde kom uit die hart
in grappies en terg en speel gewis
‘n glimlag ‘n drukkie en ‘n soentjie
uit gedeel met die mooiste hart

bid ek ook vandag my gebed
aan my kinders gewei uit die liefde
van ‘n oupa sorgvuldig oorgedra
aan sy klein en agterklein kinders

weet ons vandag pappie se 82ste
verjaardag sag op ons lippe
in ‘n verlange onthou en denke
terug gevoer die verlede in

in die liefde van ons Jesus
se veiligheid en mammie se nabyheid
wei ons hierdie dag 30 Junie 2017
in die onthou ‘n pappie groot

uit God se hand gevorm
in die liefde van ‘n aardse pa
aan ons gegee met die beste voordeel
aan God die Eer vir pappie se liefde.

Louisa van Vliet.




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed