
Patrys Speuder
in die plat vaal veld
staan ń kind
in kort vaalbroek
met ń skoon gemoed
in onskuld soekend
na meer as veld
en veilige platteland
speur hy na ń gevaarliker landskap
in flaprand kinderboek
instruksies oor speurderskap
ken jou gemeenskap
al is daar min
die landskap bly egter plat
al die donker kolle, krotte, rivierlope
jode, lebanese, mogotorties…
is hier vreedsaam saamgesweer
*“Patrys Speuders” was ń konsep wat jeug seuns aangemoedig het om met SAPS saam te werk deur inligting deur te gee deurdie jeugtydskrif Patrys in +- 1960
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.