GEWOEL (Brons)
Gewoel…
…gevoel…
Geswoeg…
…nie genoeg…
Is dit die emosies se gewoel?
Wat brander, na brander, oor my spoel?
Of ‘n eerlike gevoel?
Of mis jy die doel?
Geswoeg, gesweet…
More is jy vergeet…
Binne maak jou hart klomp draaie,
hobbel hier hobbel daar,
waar word stilte ervaar?
Al kronkelend loop die paaie…
Gejaag na wind van Noord na Suid!
Nog nie genoeg, roep jy uit!
Hoekom loop ek met verwyt?
Is die lewe net vol spyt?
Gewoel…
…gevoel…
Geswoeg…
…nie genoeg…
Is die klank van elke more vroeg…
vir die man wat lewe, onvergenoeg!
Ja, gebed het sy lewe verlaat…
Die eerste teken van geloof wat nie sal baat!
Want eie gulsigheid is sy raad,
op homself maak hy staat!
Het gebed jou lewe verlaat?
Pasop! Jou geloof is verraad!
Keer terug, more is dalk te laat!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek