EK IS WAT EK IS
jy is, omdat Ek is.
Is jy daarvan bewus?
Aan alles gee ek lewe!
My naam, bo elke naam verhewe,
by die geroep van my naam, sal drumpelposte bewe!
Na Ek is,
word die naam van die ek verklaar gewis:
Gewoonlik sal dit inperk,
na iets soos ‘n werk,
of iets met ‘n vlerk,
of iets wat die ek merk.
ek is, word beperk,
ek is ‘n sanger,
ek is ‘n visvanger,
ek is ‘n vrou,
so kan ons aanhou.
Maar wag!
Wat sien ons by die naam bo elke naam?
Iets wat ons glad nie verwag!
Die ware Ek is word nie beperk!
Nee, het jy dit bemerk?
Ek is, wat Ek is!
Dus:
Ek is, wat Ek is…
Ek het nooit ontstaan.
Ja, want van ewigheid tot ewigheid het en sal Ek bestaan.
Waarlik Ek is; dit wil sê ek bestaan
en uit My het alles ontstaan wat onstaan!
Ek is, wat Ek is…
verandering in My sal jy nie gewis.
Aan my wese is Ek getrou,
in My sal jy slégs die waarheid aanskou!
Die een wat tot My nader moet glo dat Ek is!
hy moet glo dat Ek bestaan, maar ook,
dat Ek is wat Ek sê Ek is!
Ek is, wat Ek is…
Ja, dit is beslis,
slegs in My kry jy die rus!
In my sal jy nie die doel mis,
want slegs in die ware Ek is,
vind jy hoekom jy is!
Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge!
Aan Hom kom toe die lof en eer en heerlikheid,
tot in alle ewigheid!
Hy is, wie Hy sê Hy is,
en daarin sal ek verewig berus!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.