
Skaam Saad
donker in rye
met eenvormige
groen stand en sade
staan die mielies
Monsanto parade soldate
die land daarnaas
lêstaan gelerige plante
krullend in die son
elke plant ń plakker
tussen kosmos bosse
gebaster of gesuiwer
saad word wild gestrooi
in aard min of meer dieselfde
die opbrengse verskil wel baie,
die werklike uitkomste
egter bitter min
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.