Jongste aktiwiteit:

Skaakmat

skaakmat
in die spel in praktyk
aangeval en vasgekeer
sonder wettige ontsnap
jy gee op jy verloor die spel
maar in liefde
in n huwelik
verbintenis in liefde gesetel geseel met n belofte n eed
hier is geen wen of verloor nie
n reis van gee en neem
doen beleef en ervaar
opgee is net nie n opsie
maar verander wel
ek onthou spesifiek die dominee en die formillier
moenie toelaat dat iets of iemand tussen julle kom
bou in liefde voort op die mooi wat jul in mekaar gevind het
gee julself aan mekaar op verskeie maniere
in erns en in humor
in gelukkige oomblike
en moeilike omstandighede
skaakmat
hart oorrompel vasgekeer in voel en belowe
sonder ontsnap
skaakmat
in algebraïese notasie met die kardinaalteken (#) aangedui
in leef en liefhê met val opstaan en aanhou gedoen
n spanpoging om by die antwoord die plan uit te kom

©inblueink 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed