
Pop
my gees is hoogs ontsteld
hiér laat mens sy wreedheid geld
verdoem om vir ewig in ‘n hoek te staar
stom – met kinderlyfie ewig verstar
lokkies kleertjies skoentjies – te fraai
rugkant altyd na mensdom gedraai
sy was stout met gevolg die ewige straf
dis boosheid, verregaande, skoon laf!
en ek weet dis net ‘n pop
maar versinnebeeld vir my siekte in ‘n mens se kop!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.