
POPPIEDAG
Sondag 13 November is dit weer poppiedag. Dit is die dag wat wêreldwyd gehou word ter herdenking van die gesneuwelde soldate in die eerste en tweede wêreldoorlog asook die oorloë daarna waaraan die betrokke lande deel geneem het.
In Suid-Afrika word sy gesneuweldes in hierde twee wêreld oorloë, die Koreaanse oorlog asook die bosoorlog gedenk. Daar word ook gedink aan soldate wat hulle lewens in vredestyd op militêre diens opgeoffer het.
Poppiedag word altyd gevier die naaste Sondag aan 11 November elke jaar. Hierdie datum is uitgekies om saam te val met die skietstilstand wat om 11h00 op 11 November 1918 in werking getree het om n einde aan die bloedige eerste wêreld oorlog te bring.
Daar word vertel dat die poppies in Vlaandere op hierdie dag aan die huil gaan oor die miljoene soldate wat hulle lewe in hierdie bloedige oorlog opgeoffer het, vandaar die naam poppiedag.
Veral in Bittanje, Amerika, Frankryk en Duitsland word groot militêre parades en kransleggings op hierdie dag gehou om hulle gesneuweldes te herdenk. Hierdie parades kry ook wye mediadekking en kan op CNN, Skynews en BBC gevolg word. As u kan kyk gerus, dit is roerend.
In Suid-Afrika wil die huidige regering nie eintlik iets met die viering van poppiedag te doen hê nie omdat dit hulle te veel aan die apartheidsera herinner. Vir hulle is die gesneuweldes van die twee wêreld oorloë van minder belang en die bosoorlog iets uit die bose.
Gelukkig is daar organisasies soos die S.A. Legioen en die M.O.T.H.S (Memorable order of the tin hats) wat poppiedag nog in stand hou en landswyd waar hulle takke het parades vir hierdie dag reël. Hierdie twee organisasies bestaan uit oudslodate en ook hulle wat op een of ander tyd militêre diens gedoen het.
Kroonstad kan spog met n tak van die S.A. Legioen wat 28 lede het. Dit is ook die oudste legioen tak in die land en vier vanjaar sy negentigste bestaansjaar.
Poppiedag word dus hier in Kroonstad, soos elke jaar, deur die S.A. Legioen gereël. Die dag se verrigtinge begin met n kort erediens om agtuur die oggend by die kwartiere van die legioen. Tydens hierdie erediens word die name van al die gesneuweldes van Kroonstad in al hierdie oorloë gelees. Dit was vroër by die verrigtinge voor die monument by die stadsaal gelees maar is dit nou verskuif na die hoofkwartiere toe omdat die menere apla en fapl se name ook wil gelees hë wat die legioen nie kan aanvaar nie.
Net so terloops, Kroonstad het seker een van die mees netjiese versorgde begraafplase in die land waar die gesneuweldes in die Anglo-boere oorlog begrawe is.
Die S.A. Legioen se leuse is: “We will remember them”.
Dit is ook my oproep aan almal wat hierdie bydrae lees, bring ons gesneuwelde soldate in herinnering op Sondag 9 November, al is dit net met n minuut van stilte. Hulle het immers hulle lewens vir hulle land in n oorlog opgeoffer.
Wat hierdie jaar ook uitsonderlik maak is dat dit die honderd jarige herdenking van die slag van Dellville bos tydens die eerste wêreld oorlog in Frankryk is. Baie Suid-Afrikaners het hier gesneuwel en het die legioen n prag album ter herdenking van hierdie slag uitgegee om gestand te doen aan die leuse: “We will remember them”.
2 Kommentare
-
Palet
Dankie vir die interessante inligting, lekker gelees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Regstelling: Sondag 13 November