
Raadsame Feite
woorde stroom
vrylik uit keelgatte
oor blink onderwerpe
in een dikstroom snert
as uitval kompos vir môre
vir vele ander raadsale
gesuiwer van agenda
wag druppels data
as ń soet heuning stroop
maar die waarheid is gebottel
vasgevang agter skerms
die feite het geen maters
monde spoeg
die onverfynde soet
laggend uit in raadsale
die goue stroom feite
veilig agter skerms
vasgevang
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.