Jongste aktiwiteit:

Spieël van die verlede

Spieël van die verlede

Vaal en dof hang jy teen die muur, altyd reg om my terug te vat na die donker uur.

Ek wonder, om so teen die muur te hang, uit te mis op die hier en nou.

Jy klou vas aan dit wat ek eens was. Herinner my aan toe se gedrag.

Soos ‘n regte refleksie verander ‘n mooi vel na ietsie ouer.

Kleredrag is anders en hare heelwat minder.

Die beeld wat jy tans wys, is wat ek die verlede noem.

Dalk is dit tyd om jou te vervang met ‘n spieël van die hede.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed