Jongste aktiwiteit:

Seebries in die Wind

Skemeraand hier op die strand,
ver verlange le my gemoed,
want eens was hy daar,
maar hier is net gedagtes oor.

Tyd vir aangaan,
al is die pad onbekend,
Een ding is verseker,
God is hier saam met my.

Onbekend loop ek my vas,
in dit wat teen my beginsels is,
gou moet ek my gedagtes draai,
voor ek my vasloop in n onvoorsiene nagmerrie.

Skielik bring twee handjies die,
mooiste blom te voorskyn,
want vol doringtjies het,
liefde die oorhand gekry.

En begin my lewe in blydskap,
uit dankbaarheid vir iemand wat verstaan.
Want God stuur my eie bloedjie
om my hart te streel.

Oppad na my huis met n seer hart
en gedagtes wat tol begin:
“Your my best friend” op die radio.
en speel die branders n rol in my gemoed.

Soggens vroeg wanneer die son,
oor die see en veld in skyn,
en voeltjies met takkies in bekkies,
besef ek God is so Groot.

Smiddae met stappie op die strand
Golwe wat breek oor rots en sand,
My Skepper geweet het,
dis hier waar ek hoort.

En word n ver verlange eens,
Met die volheid van God se vrede,
‘n stille ervaring van genoeg
uit God se hand.

Kan die seebries se wind
teen my liggaam spat
Met die seewind deur my hare,
weet ek God is alom teenwoordig
in Sy voorsienigheid.




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed