Jongste aktiwiteit:

Daar anderkant die blou berge

Daar anderkant die blou berge

Eens wou ‘n kerel
daar met sy nooi gaan vry.

Jare later
wou die boere
daaroor trek.

Wat sou die lewe wees
aan die anderkant
van die ou berg?

Hier teen sy
groot ou voet
sit Oom Piet
met sy kat
en groot hoed op.

Sou jy hier kom kuier
op Bloubergkrans,
besef jy:
hierdie kant
is seker waar
almal sou wou
vrede vind.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed