seën
die jare het ons grys gemaak
ons hande beef, ons stap swaar
maar as ons na jul gesigte kyk
skyn daar ‘n warm, sagte lig
kom sit ‘n bietjie nader nou
ons kinders en ons kroon
dat ons, ons hande op jul lê
voor God se liefdes troon
mag die Here voor jul uitloop
op elke pad wat julle kies
mag julle altyd vrede vind
en nooit jul hoop verloor
ons tyd word min, ons storie grys
maar ons liefde bly vir altyd staan
ons dra jul op in ons gebede
elke aand voor ons gaan slaap
wees goed vir mekaar, wees sterk en bly
dra mekaar se laste saam
ons los jul met ons laaste seën
geskryf in ons Verlosser se naam
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.