Jongste aktiwiteit:

Briefie aan Pappa (Silwer)

Liewe Pappa

ek sien in Pappa se oë
’n waas van vog soos dou
maar ek sien ook die reënboë
wat Pappa se oë hou

wanneer stormwaters oor my toekoms
hartseer in Pappa se oë woed
lees ek ’n strofe van sonsopkoms
in Pappa se gemoed

in die hemelblou van Pappa se oë
koepel liewe Jesus se belofte uit
in sewe maal sewe kleurvolle boë
en sien ek hoop daarin opgesluit

in die vog van Pappa se hartseer
dryf die ark van beskerming

onder die reënboë
in  Pappa se oë
——ooo000ooo——-
(©Pieter Mostert)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak