Jongste aktiwiteit:

Aal

 

 

soms probeer ons ‘n aal aan sy stert vang

daardie lang glibberige visagtige, ontwykende ding

die een wat ons so graag wil bekom en ons eie wil maak

soms reik ons na iets net buite ons bereik

 

sogenaamde spesialiste vertel ons dikwels

jy moet dit net visualiseer, jouself daarin indink

jy moet die ding in jouself indink en dit sommer besit

dan sal jy, volgens hulle jou doelwit bereik

 

so glad soos daardie aal in jou lewe

so min sal die bereiking daarvan jou iets beter maak

om die aal te bereik, te besit maak die mindere nie gelyk

aan die meerdere in jou lewe nie

 

sny jou kleed volgens die lap wat jy het

leef jou lewe eerder in tevredenheid met jou lot

neem dit wat jy elke dag ontvang as genoeg aan

dan sal jy ook ware geluk ervaar

 

© Tearlach.

 

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed