reën
reën
jy het my bymekaar
gemaak soos
reën
-drup
-pels
met jou hande
jy het my nie
soos ‘n
sonne-
blom
gepluk
en
ver-
smoor-
ge-druk
ek weet dít nou
jou hande is
sag-
ge-
noeg
om my hart
vas te hou
en
ek wonder selfs
of jy ooit
die kans
sal kry
Tia©️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.