Reënboog (Goud)
teen die blou lug hang daar wolke in ‘n wagting op die wind
en soos met die omval en die opstaan van ‘n kleine kinderkind
sal ‘n hupstoot of ‘n rugsteun die waarde kan verleen
waarmee iemand hierdie Kersfees weer sy reënboog sal kan vind
Andries Fourie
(Seirdna)
23.12.2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2024 – Kersfees projek