Renoster
Die namiddag-son
beloer die vaal gras,
waar jy rustig staan
met jou skadu-jas.
Van vêr af stewig
gepanser en grof.
Yslik groot,
grou grys en dof.
Bosluisvoëls vergader
Jy peusel Tamboties
Die mooiste mooi
Vir ewig simbioties
Van naby stilweg
sagkuns in jou wees,
edel in gestalte-
‘n bosveld reus.
© Carla Visser
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.