Saans as die jakkals huil
Saans as die Jakkals Huil
Deur: Ryno du Plessis
Helder die maan, kom die jakkalse saam, besig om ’n plan te beraam vir hul volgende prooi.
Natuur sou sy pad kon volg, sou die mens die springhaas laat gaan.
Met sy lewe moet hy boet oor lamers vang; in ’n strik word hy stil gehang.
Saans as die jakkals huil, wonder ek: sou hy dalk plek met die mens wou ruil?
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.