Jongste aktiwiteit:

Saggies

Die hemel is God se vlei

die blou, die wolke

die klein voue, die boë, die ligstrepe

 

Saggies steur ek

in doe oggend

saggies fluister ek

in die stil gange

van my hart

 

Saggies stap ek

met n klein kombersie van verlange

oor my skouer

… voetstappe tussen bome

 

Die hemel

die lug, die wolke, die daglig sterre, vlou

is fyn ingestel

die voëls en die bome

kyk aan, stil in teenwoordigheid

 

My gesig is sag en stil

die lippe van my hart beweeg

… woorde van verborgenheid




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed