Jongste aktiwiteit:

seer-mooi

my duin is byna verlate
weskus winde waai hom skeef
valies hou nie van windverwaaide lokke
wit perdjies jaag oor ons baai se golwe
mense braai maar uit die wind
geniet nog die sonnige dae
eerste helfte besoekers
het vertrek en nou
kom die ander
om hul laste
te kom afwas
in die koel weskus see
al die mooi lyfies is rooi
die son vat nie nonsies nie
hier en daar vlieg daar ‘n kappie
maar meeste kuier in die huisies
al die jaar se sorge in lekkernye
gebêre wat later weer
afgeskud moet
word
my
duin
sê dankie
dat ek
dit
nog
kan
sien

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed