Seespieël van my hart
Gee my al jou mŏres
Dan gee ek my liefde vir jou
Jy is die seespieel van my hart
Jy les my liefdes dors
My hart klop klop naby jou
My hart klop klop net vir jou
Want ek is mal mal oor jou
Laat my na jou soet woorde luister
Hoor hoe die woorde in my hart
vir jou fluister
Ek sal dit sing en skree
Ek is lief vir jou
Koor
Oor die ruimte van die see
Het ek my hart vir jou gegee
Hoor hoe druis die branders
Van die liefde en die lewe
Verby is die dae van alleen wees
Ons saamwees maak my heel
Jy en ek en ek en jy
My liefde vir jou
Sal vir ewig hou
Laat my na jou soet woorde luister
Hoor hoe die woorde in my hart
vir jou fluister
Ek sal dit sing en skree
Ek is lief vir jou
My hart klop klop naby jou
My hart klop klop net vir jou
Want ek is mal mal oor jou
Koor
Oor die ruimte van die see
Het ek my hart vir jou gegee
Hoor hoe druis die branders
Van die liefde en lewe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Palet, dankie ook vir hierdie inskrywing van jou vir die skryf-'n-trefferliedjie-los kompetisie.