Self Geskend
in die warmte
brand ń stink olie
vuur in die wit kerkie
teen die oerwoud
wand.
die stilte is omvattend
beweging is geteken
in oë wat sluier
teen die straat
werklikheid.
ń man in bruin
stuier om ń hoek
geweer steek skuins
sleep benebondel skreunende
na nege maande
hoek.
kyk sonder sien
uit rooi ongenooide oë
innerlike vleis genot
nou skaam verborge
in eie skoon
gemoed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.