Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: September 2022 – Snelheidsprojek – Kommentaar en uitslae

Deur Anze
Datum gepubliseer: 1 November 2022 Aantal woorde: 1247 588 Kere gelees 5

Baie geluk aan hierdie 13 lede!
Wenners
Gedigte.
Goud.
Nr 13. Andries Fourie met Besef
Nr 14. Anzé Bezuidenhout met Reëndans
Nr. 15 Andries Fourie met Weggooiwoorde
Silwer.
Nr 3. Loretta Szikra met Kopermaan se towergang
Nr 5. Loretta Szikra met kom hardloop saam met my weg
Nr. 6 Elize Kruger met slimjan
Brons.
Nr 10 Hester Steenkamp met die uitverkorene
Nr 8. Etna Wepener met Dagboek
Nr. 4 Hester Steenkamp met uurglas

Meningstuk.
Nr. 3. Marlene Erasmus met Vakansieverkeer en ongelukke
Nr. 2. Ano met Daar is reëls?
Nr. 1 Amanda De Meillon met Spoed: Die moordenaar op ons paaie?

Rubriek.
Nr. 2. Driekie Grobler met Van hanekraai tot briekaandraai
Nr. 4. Marlene Erasmus met Kan tyd vinniger verby gaan?
Nr. 3 Von Villon met Ons ken mekaar nie meer nie

Artikel.
Nr. 1 Marlene Erasmus met Die sneltrein

Verhale.
Nr. 1. Fanus Strydom met Piet Snorre en die spoedlokval
Nr. 2 Riaan Palmer met Wat was. Wat is. Wat gaan wees

KOMMENTAAR:
GEDIGTE
BRONS

4. Uurglas
Jy het die opdrag baie mooi nagekom. Die inhoud is ook keurig wat ritmies in ‘n mooie rymskema saamgevat is. Die inhoud is volrond en vertel ‘n volsirkel storie. Die koeplet sluit sterk. Welgedaan.

8. Dagboek
Die opdrag is nagekom. Die koeplet laat die leser dink en dit skep groeiaarde vir behoorlike deelname vir die leser. Jou rymskema is raak en die vers is ritmies sekuur. Welgedaan.

9. Die lewe snel verby
Net terwille van ritme stel ek voor jy sluit jou vers so:
“want lewenswandel wikkel teen lig se spoed.”
Dit verander nie jou rympatroon of die bedoeling van jou vers nie. Jy het mooi gedoen en het die opdrag nagekom.

10. die uitverkorene
Wat ‘n pragtige, teer en treffende vers is die! Die ritme is melodies en die rymptroon, pragtig. Welgedaan. Jy het die opdrag mooi nagekom.

19. Skrywerswens
Jy het die opdrag in besonder mooi nagekom. Die vers is keurig en weerspieël die versugting van menige skrywers. Mooi gedoen.

22. Die koringaar se groet
Jou koeplet het nie ‘n “cc” rympatroon soos die van ‘n snelsonnet gevra word nie, máár, die binnerym in jou woordkeuses maak dit vir my geslaagd. Ek sien ‘n asteriks by “Bethlehem-ster” en neem aan jy het nagelaat om ‘n voetnota te plaas ter verduideliking? Jou vers is keurig en jy het die opdrag mooi nagekom.

23. Liefde sterf
Pragtig en keurig. Jy het die opdrag mooi nagekom.

SILWER

1. Sneeu
Jy het die opdrag mooi nagekom. Ek wonder of jy die idioom met opset omgedraai het want dit is mos “die een se dood is ‘n ander se brood”. Die ritme en rympatroon in jou vers werk. Mooi.

2. Tussen alles
Die gebruik van hoofletters in elke sin hoort nie. In die kwatryn voel die ritme effe versteurd as gevolg van die lang eerste sin. Die res is keurig en getrou aan die opdrag.

3. Kopermaan se towergang
Dit is ‘n pragtige sonnet. Die woorde dans melodies tot dit op ‘n hoogtepunt punt sluit in ‘n treffende koeplet. Dit is rymlik en ritmies – lieflik.

5. Kom hardloop saam my weg
Dit is ‘n heerlike sonnet wat getrou is aan die opdrag. Die inhoud is teer en lieflik. Die enigste kritiek wat ek het, as ek moet, is die ellips waarmee jou koeplet sluit. Pragtig.

6. Slimjan
Die humoristiese aanslag is vars en heerlik. Jy het die opdrag mooi nagekom. Mooi gedoen.

7. Stille oseaan
Die lang sinne in jou kwatrym pla die ritme effe. Die rympatroon in ‘n snelsonnet is abba, cc en nie abab, cc nie. Ek sukkel ook om die titel van jou vers met die inhoud in verband te bring.

11. Vlinder vry
Jy het die opdrag mooi nagekom. Die ritme en rympatroon is raak. Mooi gedoen.

12. Voornag se soel
Die beelde hierin is pragtig. Jy het die opdrag mooi nagekom. Welgedaan.

16. Lewenstempo
Jy het die opdrag mooi nagekom. Die koeplet vat die vers (wat die titel insluit) mooi saam. Mooi gedoen.

17. Tydloos
Jy het die opdrag mooi nagekom. Keurige vers.

18. Sondeval
Dit is ‘n goeie sonnet wat die val van die mens omskryf. Die woord basuin waarmee jou kwatryn sluit laat my wonder of “refrein” nie ‘n sagter aaanslag sou wees nie. En, is dit nie eerder “op” as “in” die wind nie? Geheel keurig.

24. Waarom?
Kom ons kyk na jou sonnet:

waarom leef ons, hoe bly ons besig
vir pret of eer – als ʼn gejaag na wind
geluk in aardse dinge gevind
is tydelik en vrede luier afwesig

soek nie sin in die tydelike goed
by Hom alleen kry jy waar en blye moed

Jou sonnet het my geïnspireer om te help met die ritme en inhoud. Kyk gerus na die aanpassings en gesels met my op inkmoderator@gmail.com

GOUD

6. Woestynland
Ek wil effe hieraan karring. Mirage moet in hierdie konteks meervoudig wees en ek weet nie of daar ‘n meervoud vir mirage in Afrikaans is nie. Oorweeg om dit met “newebeelde” te vervang.
Kyk na die laaste sin in die kwatryn ook:
Miskien “simuleer die verhaal van ‘n warm woestynland”?
Ek hou baie van die inhoud maar dit is asof (in sy huidige vorm) daar ‘n ritmewanbalans is. Dit is egter nét voorstelle en jy hoef nié daaraan gehoor te gee nie.
Jy het die opdrag mooi nagekom.

13. Besef
Dit is ‘n oordenkende sonnet wat slim aanmekaar gesit is. Die inhoud is keurig, die woordkeuses goed, die ritme werk en die rympatroon is pragtig. Welgedaan.

14. Reëndans
Dit is ‘n keurige sonnet. Die beelde is lewend en ryk. Die opdrag is pragtig nagekom.

15. Weggooiwoorde
Lieflike beeld wat die uitdagings van die skrywer vertel. Mooi gedoen. Jy het die opdrag mooi nagekom.

21. Teenstryd
Keurig. Jy het die opdrag mooi nagekom.

MENINGSTUK

1. Spoed: die moordenaar op ons paaie
Vakansie en verlof is sinonieme. Jy hoef nie albei te gebruik nie. Let op spelling: daadie? Die inligting is op plekke baie kripties en dit steur die leedvloei. Ek hou van die term “loopfone”. Dit is baie slim. Dankie vir jou deelname.

2. Daar is reëls?
Jou meningstuk het ‘n amper komiese aanslag wat steeds die erns saamvat. Dankie vir jou deelname.

3. Vakansieverkeer en ongelukke
Ek wil darem noem dat Suid-Afrika in die 42 ste plek in die wêreld is wat fatale motorongelukke betref, maar ek begryp jou sentiment. Ons is egter nie van die hoogste in die wêreld nie, alhoewel selfs een sterfte té veel is. Dit kon vermy gewees het.
Jou meningstuk is keurig verwoord en lees heerlik. Welgedaan.

RUBRIEKE

1. Tyd vlieg as jy ‘n vlieg is
Geheel keurig. Dankie vir jou deelname.

2. Van hanekraai tor briekaandraai
Jou titel is vir my pragtig. Dit is ‘n pragtig versorgde rubriek waaraan ek baie lekker gelees het. Dankie.

3. Ons ken mekaar nie meer nie
Pragtig en keurige rubriek. Let asseblief net op die lengte van jou sinne. Jou laaste paragraaf as voorbeeld is één lang sin. Dit maak lees moeilik. Dankie vir jou deelname.

4. Kan tyd vinniger verby gaan?
Ek wil nie oor semantiek argumenteer nie, maar Hermes se vlerke was aan sy sandale en nié aan sy voete nie. Ter wille van inligting alhoewel ek verstaan wat jy bedoel.
Jou rubriek is egter keurig en sinvol. Dankie vir jou deelname.

ARTIKELS

1. Die sneltrein
Jou artikel is heerlik om te lees. Dit beskik oor baie goeie navorsing. Keurige werk.

VERHALE

1. Piet Snorre en die spoedlokval
Dit was ‘n heerlike komiese verhaal. Jou skryfstyl is lieflik en ek het baie, baie lekker hieraan gelees. Jy wissel foutloos tussen die storie en dialoog. Pragtig.

1. Wat was. Wat is. Wat gaan wees.
Jy het die tema baie slim in jou verhaal gebruik. Die verhaal is geheel keurig.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 326
Kommentaar telling: 3897

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 2 kleinseuns en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Pharos - Trotse borg van INK dig/skryfkompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 221 gaste aanlyn

Bydraes – Argief