Jongste aktiwiteit:

skaar(s)

soos die ploegskaar deur stomende grond dolwe
so dolf die waarheid deur mense se lewens
met elke treë wat die skaar sny, val sooie
bly dit lê in ontblote waarheid en lig
mense lewens oopgeskeur
deur trauma en hartseer
stoom oop en so seer;

sonder die oopsny van die grond in ploegvore
kan daar nie nuwe plante ontkiem of groei
so moet mense lewens ook ontwrig word
hartseer moet kom lewens slyp en rig
sodat nuwe groei in nuut-gebore
lewens kan ontkiem en groei
lig kan uitblom in vrugte;

wanneer die sooie val, word dinge ontbloot
wat niemand voorheen kon dink bestaan
wortels en sade met goggas en wurms
wat grond bewerk en vrugbaar maak
werke en gedagtes van mense
ontbloot wat moet hernu;

soos die skaar grond oopkloof
so kloof waarheid die siel oop

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed