Jongste aktiwiteit:

Slenter-dans dankbaarheid

Dit is sewe uur in die oggend. Sy is heel rustig op pad werk toe, géén verkeer, géén frustrasie. Nog so besig om die Vader te dank dat sy so naby haar werk woon, merk sy hom skielik langs die pad. So slenter-dansende.
Dit val haar op dat hy so slenter-dans dans met ‘n groot glimlag om sy mond. Geen selfoon in sy hand. Geen oorfone in sy ore. Steeds bly hy so slenter-dans.
Sy glimlag by haarself. Daar moet ongetwyfeld vir seker musiek in sy kop wees. Waarop anders sal hy so slenter-dans? Waar kom hy van dan? Waarheen is hy op pad? Sy is byna seker hy het geen huis of haard. Was die grond vannag sy bed en die natuur sy huis? Is hy nog ‘high’ van sy laaste ‘fix’? Of slenter-dans hy so omdat hy op pad is na sy volgende ‘fix’?
Oënskynlik lyk dit nie vir haar of hy enige rede het om so glimlaggend te slenter-dans nie. Verflenterde vuil klere, stukkende skoene, met die tekens van ‘n lewe van die hardepad stap op sy verkreukelde gesig afgeëts.
Die glimlag bly om haar mond huiwer. Wat maak dit saak, sy sal nooit die antwoorde op hierdie vrae weet nie. Nogtans het hierdie verflenterde, slenterende, dans-dans mens, met vermoedelik niks om oor so uitbundig te wees, haar dag gemaak. Dankbaar dat sy beslis meer het om oor dans-dans die dag in te gaan. Vandag gaan sy met ʼn wip in haar stap in. Met ʼn glimlag om haar mond, gaan sy dans op die musiek in haar kop!
©Marsofine Krynauw
29 Januarie 2020




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak