Jongste aktiwiteit:

soekend

.
vanoggend op my duin
is ek soos soekie wat net soek
soekie soek altyd na nog meer
terwyl die lewe om haar blom
in die pragtigste kleure
.
soms soek ons na meer
terwyl ons reeds meer ontvang
wat ons nie eens van weet nie
ons is dalk selfs so inkennig
dat ons die meeste mis
.
as die wind nie oor my waai
dan staan die sonstrale stil en bak
lekker somer weer wat elke kol
wat wit gebleik was op my vel
weer ‘n gesonde tint gee
.
soek my siel – jy sal vind
al staan alles om jou doodstil
jou tydklok loop onverpoos
dit merk die dae en jare af
tot dit sal gaan staan
.
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed