Sprinkane
een een kruip larwes uit eiers
groei tot derduisende lopers
wat alles groen vreet
bruin kaal en dan
hul vlerke sprei
individue verdwyn
in sonskerm swerms
verslaaf aan die gesamentlike mag
verander in velerlei kleure
tot homogene bruin
uit ou ou stories
groei geloof diep gewortel
eers beperk tot enkel ń stam
versprei dan in swerms liturgieë
as enigste lig poort
gelowiges swerm
baie oë dreig
gaan saam of vergaan
waar ek met God
alleen in die groen veld dwaal
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Ek vind dit baie mooi