
Net ek en jy
Net ek en jy
Ons was bure en van kleintyd af
handjie handjie,
ek en jy – – –
Dit was altyd maar net jy ,
en dwarsdeur die laerskool
langvlegseldae en hoërskool bly
ek steeds jou noointjie van langsaan ,
onafskeidbaar in ons studentejare,
altyd net ek en jy – – –
Afgestudeer het ons poste aanvaar,
die huwelik en kinders het gevolg
almal nou selfstandig op hulle eie
en nou my lewenslange geliefde
die kringloop is voltooi uiteindelik
weer soos van kleintyd af loop ons
handjie handjie,
net ek en jy – – –
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
HelenaMellet
Dit is so mooi.