DIE ONVERSTAANBARE
Kan jy, kan jy dit sien?
Kan jy nie sien dat jy beter verdien?
Kan jy, kan jy dit hoor?
Kan jy nie, of wil jy nie die waarheid glo?
Kan jy, kan jy dit voel,
hoe die lewe uit jou lyf wegspoel?
Dit vreet, verteer en breek jou,
terwyl almal op die kantlyn aanskou
hoe jy doof, stom en blind
jou siel aan die duiwel verbind.
Of is dit juis dit
wat jy wil
hê?
©HMellet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.