
Lentetyd anderkant die palissades
Lentetyd anderkant die Palissades
Tuinblomme is versorg
bome en rose is gesnoei en
soos troeteldiertjies versorg
water en kos gereeld op tyd en
onder wakende oog word die
troetelplantjies se vordering
met arendsoë gemonitor, maar
anderkant die hoë palissades blykbaar
onversorg lê moedernatuur se uitgestrekte
veldtuin wat groei bot en blom op hulle
tyd want Hy die Groot Tuinier versorg dit
en elke vesteekte blommetjie in ‘n klipskeur
sien Sy oë , en kyk na die lelies van die veld
hoe hulle groei moet julle nie bekommer
sê die Woord, want so word ons die kroon
van die skepping soos pragtige lelies versorg – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.