stil wees
salige stilte
oomblikke van klankloosheid
waarin gedagtes ook begin staak
salig want dit is baie raar en kosbaar
enigste oomblikke van regte stilwees
genestel en gesetel in jou Skepper
wanneer alle verlange stil word
die gevoel van onbekwaamheid
die onvernoegdheid
daardie knaende
leë gevoel
van iets
wat
skort
stil raak
maar ook
volledig raak
volkome
in eenvoud
jouself oorgee
in Sy hand
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.