Jongste aktiwiteit:

Toe die maan op raak

Verblind deur jou mooie glans, in jou lig wou ek dans, geglo aan nog ’n kans.

My bes het ek gedoen, probeer skitter in die donker nag.

Van jou ontvang ek al my krag.

Uitgelewer aan die son, vind jy wel ñ weg om saans in die donker te kan hang.

ñ Wêreld van jou eie, die enigste blink wat tel.

Sterre verdoof jy met jou helder maan, als draai om jou wentelbaan.

Geklou aan hoop vir bietjie glans, het die maan my veraai,

Skielik verander in donker maan. Geen ster wat skyn, almal het gekwyn.

In donker nag verskiet nog ñ ster. In my hart dra ek die maan, met elke dag se bestaan.

My gedagtes dwaal in jou wentelbaan.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed