Moedverlore-vlakte
Moedverlore-vlakte
Ryno du Plessis 2026
Agter die berg, op Moedverlore-vlakte, het selfs die reën gepak en trek.
Gras smeek en bome bid vir drie druppels water.
Die windpomp, hy het jare terug al ophou werk.
Vaál en alleen staan ‘n bedelaarshuisie wat vra vir net ‘n bietjie seën.
Sou die pad jou ooit daarheen lei onthou: dit is ‘n droë kontrei.
Hou egter moed, want agter die berg ,smeek die gras nog vir ‘n bietjie groen.
Môre sal die son weer skyn, maar op Moedverlore-vlakte skyn hy dubbel en dwars.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.