Stilte
‘n Bliksemstraal kom skielik,
en hy baan sy weg in stilte.
Stilte wat kom om te verteer
wat nie voor hom wil wyk nie.
Om bloed in die are te vries
dat stilte kan seëvier en lag.
As jy mooi luister sal jy hoor
hoe die lewe voor hom vlug.
Hy kom en sy yskoue asem
smeul soos vuur wat sterwe.
Hoor jy die stilte wat so raas
in die geween van die wind?
Hy kom, nader en nog nader,
om die lewe te kom smoor.
Hoor die stilte, doodse stilte,
wat uitroep in die geworstel.
Hy vlug weg voor die Engele,
gewapen met hul lofgesange.
Stilte, dood, jy is nie meer . . .
en die Vader is jou meester.
23/05/2016 © C. du Plessis
3 Kommentare
-
Anze
Ek stem saam met Viooltjie.. een van jou bestes.. pragtig gepen!
-
Evelyn van der Merwe
Ek ditto die res, hou van die teenstrydigheid hier vasgevang.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
baie goed gedoen, Casper. vir my vergestalt die stilte 'n baie diep eensaamheid. beslis een van jou beste gedigte, na my mening :-)