HOE DURF JY
hoe durf jy
aandlantern doof
en krioelende massas
van maanlig beroof
om ons eie liefde
op te kikker
suinig inhalig
met maanligflikker
hoe durf jy
natuur se prag loop steel
al die uieke blomspesies
in rooi, ligpers, wit en geel
sodat ons al die geure
diep salig inteug
en neuse stuifmeelverf
soos in ons wilde jeug
hoe durf jy
my pupille toewaas
met die droomkyk in joune
my laat talm soos ’n dwaas
dis egter hierdie durf
oorboordgaan en waag
wat volmaakte harte
volkome laat slaag
4 Kommentare
-
-
neels
Ek moet saam met Anze stem hier Evelyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie is baie mooi beelde wat jy pragtig vasgeskets het