
Kom Westewind, Kom Oostewind
Kom Westewind, Kom Oostewind
Dis reeds laataand en die
troostelose wind waai nog steeds
rondomtalie om en om die huis,
dit suis deur die bome en
o, ek gooi sommer hierdie hartkamers
van my wawyd oop en nooi hulle
kom waai maar deur en neem
jul beurt o noordweste reënwind
en droë oostewind —
Kom was die opgehoopte hartseer
en verlange uit o reënwind en
spoel skoon van hoek tot kant
elke souttraan wat al gestort is met
jou vars reënwater en maak dan
plek vir die droë oostewind om
alles weer te kom afdroog en trek
dan die deur saggies toe daar is
nie meer trane wat sal natmors nie—
Janetta – Helena [Babs] ©
6 Kommentare
-
-
Amaspoke
Pragtige werk !!
-
Anze
WOW tannie Babs hierdie is pragtig!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Wat 'n wonderlike metafoor. Trek die deur dan saggies toe....pragtige beeld in my gedagtes gelaat.