Gister se as-spore
brandend lek dit pit
van jou hart se lig
in felle kompetisie
met die sterglans
wat flikvlooi dans
met die sneeuvlok
vallend deur die lug
voltooi so die sirkel
van ‘n halwe maan
skets die klippe van die kaggel
jou innige diensbaarheid
in eelte van diepe omgee
brand die knetter-vuur
van jou liefdeswoorde
dieper as diep
vore deur my hartsakoorde
soos sonstrale deur loodglas
skitter en gloei die warm kole
vertel van jou liefde immer getrou
waar jy strelend, koesterend
my in jou arms toevou
‘wyl gister se as-spore
stil na benede plas
© Anzé Bezuidenhout
12 Kommentare
-
-

Kiekies
Mmmm ja, dit teken 'n prentjie in my kop.
-

Janetta-Helena Boonzaaier
Baie baie mooi Anze!
-

Amaspoke
Die meester aan die werk. Uitstekende skrywe
-

Arnold
Pragtig Anze.
-

Evelyn van der Merwe
Wow hier het jy uitgehaal en gewys.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Soos altyd meesterlik geskryf